top of page

Inspired Juffrou

DSC_0169-copy.jpg

JUFFROU
ANNIMIE Willemse

Ek glo om 'n juffrou te wees in my doel en passie in die lewe. Gedurende my hoërskool dae het ek daarom besluit om 'n Wiskunde en Wetenskap juffrou te word. 

​

Ek het BEd Verdere Onderwys en Opleiding (Graad 10-12), Wiskunde en Wetenskap, gestudeer by die Universiteit van Pretoria. 

 

Ek het ook 'n BSc Wiskunde Honneurs verwerf wat baie deursettingsvermoeë en harde werk vereis het. 

​

My onderwys loopbaan het begin as 'n hoërskool juffie in 'n Pretoria hoërskool en ek het gedurende my vrye tyd ekstra wiskunde klasse aangebied. In 2020 het ek besluit om 'n nuwe avontuur aan te pak en so het Inspire Maths begin. 

​

Ek streef daarna om studente aan te moedig om hul volle potensiaal te verwesenlik en hul selfvertroue te bou. Ek doen dit deur die individuele leerders te ondersteun (om hul harte te leer ken) en die vreugde van kennis te deel om 'n liefde vir lewenslange leer te ontwikkel.

 

My benadering tot onderrig is dinamies, vooruitdenkend en modern. Ek glo akademiese resultate kom uit dissipline en harde werk.

 

Ek het 'n liefde en passie vir kinders en glo dit is my roeping om onderrig te gee.​ Ek strewe daarna om 'n draer van liefde, lig en ondersteuning te wees. 

bottom of page